Meditaties Mekaar/Meditaties Elkaar

 

“Wanneer die Seun van die Mens in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy glansryke troon gaan sit. Al die nasies sal voor Hom byeengebring word, en Hy sal hulle van mekaar skei soos 'n herder die skape van die bokke skei. Die skape sal Hy aan sy regterhand laat staan en die bokke aan sy linkerhand.” Matteus 25:31-33 

 

Ek hoop in die tyd wat kom ‘n aantal meditasies te skryf wat met die gebruik van de woord ‘mekaar’in die Nuwe Testament te doen het.

Ons lees hier oor die dag die Here Jesus sal terugkom op die wolke. Hy kom vanuit die hemel na die aarde om die lewendes en die dooies te oordeel. Elkeen wat op die aarde geleef het,  kom en staan dan voor Christus. Enige mens wat op aarde geleef het, het dan uit sy of haar grafte opgestaan. Ook almal wat eendag heeltemal verbrand is en waarvan net nog as gevind kon word, het dan opgestaan. Niemand ontbreek nie.

Dan bly dit nie een mensheid nie. Ons lees dat hulle van mekaar geskei word. Die mense wat op die aarde geleef het, word in 2 gedeeltes verdeel. Die een deel kan nie op die nuwe aarde bly nie. Hulle verdwyn na die plek waar God se liefde en sorg heeltemal nie daar is nie. Die ander deel sal vir ewig woon op die nuwe aarde waar alles vol van God se liefde en sorg is. Waar mense vanweë God se genade elke oomblik van hul lewe daar volop geniet. Christus maak skeiding. Juis om die volle heil, die heerlike lewe met liggaam en siel te gee vir hulle wat hulself verloën het en Christus as hulle Redder, God en Koning begin volg het. So is daar God se volk wat uit alle volke kom. Hoe belangrik is dit dat ons nie die meerderheid  volg as die meerderheid ‘n andere pad volg as wat die HERE ons in Sy Woord wys nie. Om mekaar ewig in die goeie lewe vas te kan hou,  is dit nodig om Christus te volg as ons Koning.