Meditasies josua/Meditaties jozua

 

“Ná die dood van Moses, die dienskneg van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun, Moses se helper, gesê: “Moses, my dienskneg, is dood. Daarom, maak nou gereed om hierdie Jordaan oor te steek, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die Israeliete, gaan gee.” Josua  1:1,2

 

Moses is dood. Hy was as dienskneg van die HERE o.a. ‘n profeet. Nie net ‘n profeet nie. Hy was ‘n baie spesiale profeet. Ons lees dit in die 3 verse wat aan die boek Josua voorafgaan. Ons lees daar: “En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die Here Moses beveel het.

En soos Moses, vir wie die Here van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie — wat betref al die tekens en die wonders wat die Here hom opgedra het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen, en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het.” Deuteronomium 34:9-12

Moses was tot Christus die grootste profeet wat ooit opgetree het. Hoekom was hy dit? Die antwoord is: “En soos Moses, vir wie die Here van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie”.  Moses het die mees naby aan die HERE gekom. Nie een van die profete was so naby die Heilige God as Moses nie. Daarom was dit ook so spesiaal dat Moses in opdrag van God vir Josua die hande opgelê het. Die HERE sorg daarvoor dat Josua vol van Sy Gees is. As Moses Josua sy hande oplê word duidelik dat Moses in God se opdrag hierdie Josua as sy opvolger aanwys. Josua is ‘n leier wat die volk moet lei op die pad wat na Christus as die hoogste en belangrikste profeet lei.

Moses is nie die Verlosser, is nie God se eie Seun nie. Dit is Christus wel!

Christus is groter as Moses. Moses is die man wat as skepsel die mees naby God gekom het. Christus is die profeet wat self God was en is en mens geword het. Moses dra oor wat God vir Sy volk sê. Christus is God wat die goddelike boodskap op die aarde spreek. Hy is dit wat Moses en ander profete namens die HERE gesê het werklikheid maak.

Christus is meer as Moses juis omdat Hy vervul wat Moses geprofeteer het. Ons lees dit o.a. in Johannes 1: “Johannes getuig oor Hom en roep uit: “Hý is die Een van wie ek gesê het, ‘Hy wat ná my kom, is my voor, omdat Hy die eerste was.’” Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Niemand het God nog ooit gesien nie; die unieke Seun, self God, wat teen die bors van die Vader is, Hy het Hom bekend kom maak.” vs 15-18

Laat Christus dan ook regtig ons hoogste profeet en leraar wees! Sien Sondag 12 van die heiderbergse Kategismus.  

 

 

“Het gebeurde na de dood van Mozes, de dienaar van de HEERE, dat de HEERE tegen Jozua, de zoon van Nun, de dienaar van Mozes, zei:  Mijn dienaar Mozes is gestorven. Nu dan, sta op, steek deze Jordaan over, u en heel dit volk, naar het land dat Ik aan hen, de Israëlieten, ga geven.” Jozua 1:1,2

 

De HEERE stelt Jozua aan in plaats van Mozes. Dat is niet zomaar een mededeling. Het laat zien dat het hier niet om een toevallige wisseling van de wacht gaat. De geschiedenis is niet een aaneenrijging van toevallige gebeurtenissen. De HEERE gaat verder met Zijn plan. Hij stelt Jozua aan om voort te bouwen op wat Hij door Mozes gedaan en gezegd heeft.

Je ziet dat o.a. als je bedenkt dat het boek Jozua met Richteren en Koningen bij de vroege profeten hoort. In die categorie worden deze boeken in het jodendom geplaatst. Dat heeft een goede reden. Het gaat in de geschiedenis van deze boeken om de uitvoering van Gods beloften die aan Abraham al zijn gedaan. Het gaat om de uitvoering van Gods woorden zoals die in Genesis tot en met Deuteronomium tot ons komen. Het laat zien dat als Mozes sterft, Gods werk niet voorbij is. Gods werk gaat door met de mensen die God in de loop van de geschiedenis aanstelt om Zijn volk te leiden. Daarom zegt de HEERE na de dood van Mozes tegen Jozua: Sta op!  Jozua moet als nieuwe leider niet met nieuwe plannen komen. Het gaat er niet om dat hij weer andere ideeën kan hebben en die dan maar moet uitvoeren. Nee, Jozua is gebonden aan de beloften en woorden die de HEERE door Mozes aan Zijn volk gegeven heeft.

Dit is ook de lijn waarin Christus naar de wereld komt. Hij is gekomen om juist de beloften van God uit te voeren. Om te laten zien dat God betrouwbaar is en dat Zijn eer erin ligt om juist volgens het woord en de wil van Zijn Vader te leven. Om juist te laten zien wat het echte goede leven is. Het gaat niet om onze creativiteit, waardoor we onszelf kunnen zijn. Het gaat erom dat we volgens Gods goede wil leven en dat juist dat in ons leven door alle strijd goed gaat voelen. Want er is niet beter dan dat. Christus is gekomen om te doen wat van Hem in Gods Woord geschreven is. Zo is Hij de Leider, de Herder, de Meester van Gods volk. In Hem zijn al Gods beloften ja en amen. Zie  2 Korinthe 1:20. 

 

 

“Ná die dood van Moses, die dienskneg van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun, Moses se helper, gesê: “Moses, my dienskneg, is dood. Daarom, maak nou gereed om hierdie Jordaan oor te steek, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die Israeliete, gaan gee.” Josua  1:1,2

 

Moses was so spesiaal! Hy was die leier wat God se volk uit Egipte gelei het. Hy het in God se naam groot wonders gedoen. By die Farao, by de Skelfsee, in die woestyn. Hy was selfs by die HERE op die berg om daar al God se wette vir Sy volk te hoor. Hy was so naby die HERE dat die grootheid van God van Hom afgestraal het.

God se volk is na 40 jaar in die woestyn nou duskant die rivier die Jordaan. Die belangrikste gedeelte van die beloofde land lê ander kant die Jordaan. Die heidense inwoners het daardie deel van die land nog in besit. Dan kom die oomblik dat Moses sterf. Hy mag van die HERE nie daardie deel van die land intrek nie. Die HERE wys hom wel op ‘n wonderlike manier die hele land. Nogtans sterf Moses hierdie kant die Jordaan.

Hoe moet die volk nou verder. Die wonderlike leier het gesterf. Die HERE wys dat Sy volk, dat Christus se kerk nie van mense afhanklik is nie. Die bou op mense hoe belangrik hulle in ons oë ook al is, is nie waarop ons moet bou nie. Dit is die HERE wat Sy woord, Sy belofte waarmaak. Dit was nie van Moses afhanklik nie. Die HERE roep Moses se helper Josua. Nie Moses en ook nie Josua gee vir die volk die land nie. Dit is die HERE en niemand anders nie.  Die land Kanaän is nie uiteindelike bestemming vir God se volk nie. Dit is die Nuwe Jerusalem wat gaan kom. Dit kom nie deur Moses of Josua of Dawid nie. Dit kom deur God wat mens geword het. Deur Christus wat as die Verlosser deur God beloof is. God se belofte is nie net Kanaän nie maar die hele wêreld! Die HERE het in de gee van die land Kanaän aan Sy volk gewys dat Hy die Almagtige is wat Sy belofte hou! Hy gee eendag as Christus op die wolke terugkom die hele aarde vir Sy volk om daarop ewig te woon. Laat mense vir ons nie dit wees waarop bou en vertrou nie. Laat dit die HERE wees.  

 

Elke plek waarop julle voete trap – aan julle gee Ek dit soos Ek aan Moses beloof het. Van die woestyn en die Libanon af tot by die groot rivier, die Eufraat, die hele land van die Hetiete tot by die Groot See in die weste, sal julle gebied wees. Solank jy leef, sal niemand voor jou kan standhou nie. Soos Ek by Moses was, sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.” Josua 1:3-5

 

God se volk staan by die Jordaan. Hulle staan voor die land wat die HERE hulle beloof het as die land wat oorvloei met melk en heuning. Daar die land sa lso anders as die woestyn wees. In die woestyn was steeds die wonders van die HERE nodig om die volk daar te kan laat leef. Steeds weer die manna vanuit die hemel. Steeds weer dat hulle skoene en klere nie slyt nie. Die HERE het Hom as die enigste lewende God vir Sy volk gewys. Nou kom die tyd dat God se volk in ‘n land kom wat die HERE so vrugbaar gemaak het dat hulle daar kan leef as hulle die land bewerk. Dit is die tyd dat die HERE gaan wys dat Hy die werk wat hulle doen wil seën.

Soos ons daarvan lees in Psalm 67: “Die aarde het sy opbrengs gelewer. Mag God, ons God, ons seën. Mag God ons seën, sodat al die uithoeke van die aarde vir Hom ontsag sal hê.” Vs 7

Dit vra van God se volk om die gebed, om in vertroue op God hulle werk te doen en van Hom die seën te verwag. Ons lees dit in Psalm 90 so: “Mag u werk vir u diensknegte duidelik word, en u glansryke dade vir hulle kinders. Mag die goedheid van my Heer, ons God, oor ons wees. En ons handewerk, hou dit vir ons in stand, ja, ons handewerk, hou dit in stand.” Vs 16,17

Die HERE is trou! Hy gee vir die volk ondanks hulle klein en ongeloof wat daar in die woestyn was die land wat Hy beloof het. Die HERE hou Sy Woord. Hy gee Sy eie Seun as die Verlosser, as die pad na die ewige beloofde land. Ondanks ons sondes. Ons lees daarvan in Romeine 5 dit: “God bewys egter sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Hoeveel te meer sal ons dan deur Hom van die oordeel gered word, noudat ons deur sy bloed geregverdig is! As ons, toe ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, hoeveel te meer sal ons deur sy lewe verlos word noudat ons met Hom versoen is! Maar dis nie al nie; ons vind ons roem ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.” vs  8-11

God se trou en liefde is waarop kan en moet bou. Dan kan ons met vertroue vorentoe kyk.

 

“Solank jy leef, sal niemand voor jou kan standhou nie. Soos Ek by Moses was, sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.” Josua 1:5

 

 God se volk staan by die Jordaan. Die HERE beloof Sy volk ‘n eie land. As Sy volk in liefde vir Hom bly leef, sal die land baie groot word. Die grense wat die HERE in die verse hiervoor beloof, beteken ‘n baie groot land. In die geskiedenis was Israel byna nooit so groot nie. Die oorsaak daarvan is dat God se volk so dikwels van die HERE afgeval het. Ons mag weet dat die land wat die gelowiges as erfenis sal kry nog baie groter sal wees. Dit is naamlik die hele wêreld. Die hemel en die aarde sal een word en daarop sal God se kinders vir altyd woon. Die kry daarvan en die leef daarop is nie afhanklik van ons geloof nie maar is seker omdat die HERE dit beloof het.

Die HERE beloof Josua dat Hy met hom sal wees soos Hy met Moses was. Die Here God het dit vir Moses in Eksodus 3  so gesê: “ Moses het egter vir God gesê: “Wie is ek, dat ek na die farao kan gaan en dat ek die Israeliete uit Egipte kan lei?” Hy het geantwoord: “Ek is immers by jou. En dit sal vir jou die teken wees dat dit Ek is wat jou gestuur het: Wanneer jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle God op hierdie berg dien.” Vs 11,12

Die HERE b3eloof Sy hulp en leiding vir Josua as leier van die volk soos Hy dit vir Moses beloof het. Moses kan maar na die wêreldheerser gaan wat die Farao is. Die HERE wat die Almagtige is gaan met hom saam en sal hom beskerm en lei. Josua kan met ‘n geruste hart die leier van God se volk wees as hy op die HERE bou want Hy het hom Sy leiding en beskerming beloof.

Christus het na die aarde gekom. God met ons. Hy is met ons as ons as God se kinders leef en die evangelie vir mense vertel en dit uitleef. Ons mag persoonlik as gelowige weet wat ons in Hebreërs 13 lees: “Julle leefwyse moet vry wees van geldgierigheid. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê, “Ek sal jou beslis nie verlaat nie, en ook nie in die steek laat nie”, sodat ons met vertroue kan sê: “Die Here is vir my 'n helper – ek sal nie bang wees nie. Wat sal 'n mens aan my doen?” Hebr 13:5,6

 

“Wees dapper en sterk, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Wees net baie dapper en sterk, sodat jy die hele wet wat Moses, my dienskneg, jou beveel het, nougeset uitvoer. Moenie links of regs daarvan afwyk nie, sodat jy sukses kan behaal oral waar jy gaan.” Josua 1:6,7

 

Dapper en sterk wees. Hoe kan dit as jy weet dat jou vyand sterker as jy is? Die Israeliete weet dat as ‘n mens menslik kyk die inwoners van Kanaan sterker as hulle is. Toe 40 jaar hiervoor hierdie tot hulle gekom het, het hulle geweier om op God se bevel die beloofde land in te gaan. Dit was te gevaarlik het die meerderheid van die volk gevind. Onverantwoordelik. Dit sou hulle dood of nuwe slawerny beteken het hulle gedink. Sien Numeri 13 en 14.

  Nou staan hulle weer op die rand van die land. Die HERE maak duidelik dat ook nou die opdrag is om dapper en sterk te wees. Dit beteken om op die HERE te bou en te vertrou. Om Hom te erken as die Almagtige God wat sal gee wat Hy beloof het. So kan hulle met vertroue die beloofde land intrek. Die HERE bemoedig hulle as ‘n rukkie later die sterk stad Jerigo ingeneem word deurdat die HERE die stad se mure laat val sonder dat die volk Israel maar een keer aangeval het.

Die HERE het met ‘n eed beloof aan Abraham en die ander aartsvaders dat hulle nakomelinge die land Kanaän in besit sal kry as hul eie land. Dapper en sterk wees het alles met die leef met Christus te doen. Dapper en sterk wees is nie dat ons van onsself so sterk is nie. Dit is ook nie dat ons ons spiere baie moet oefen om sterker as ander mense te word. Dit gaan daarom ons ons oefen om regtig in liefde en vertroue op Christus te leef. Ons kry die nodige krag van God as ons met Hom in liefde en gehoorsaamheid verbind wil wees.

Dit vra om die oefening van geloof soos ons daarvan lees in 1 Timotheus 4: “Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef; want liggaamlike oefening is wel in 'n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe. Dié uitspraak is betroubaar en werd om ten volle aanvaar te word. Want hiervoor werk ons hard en stry ons, omdat ons ons hoop geplaas het op die lewende God, wat die Verlosser van alle mense is, veral van die gelowiges.”1 Timotheus 4:7-10

Laat ons God se wapenrusting  aantrek. Dan gee Hy die krag die nodig is om dapper en sterk te wees. Om te oorwin.

 

“Wees net baie dapper en sterk, sodat jy die hele wet wat Moses, my dienskneg, jou beveel het, nougeset uitvoer. Moenie links of regs daarvan afwyk nie, sodat jy sukses kan behaal oral waar jy gaan.” Josua 1:6,7

 

Met moed en uitsig leef, het alles te doen met ‘n lewe naby die HERE. Die HERE roep Josua en die volk op om dapper en sterk te wees. Dit kan net as hulle en ook ons vandag na die HERE luister. Ons deur Hom laat lei. Dit kan net as ons nie eiewys volgens ons menslike gevoelens en wysheid leef nie. As ons die laaste doen kom ons lewe in ‘n doodloopstraat. Dan eindig ons lewe op moedverlore se vlakte. Dan gaan ons op ‘n pad wat onder Gods se oordeel eindig. Pleks in die hemelse Kanaän waar die  lewe een en al blydskap is.

Dit beteken vir ons op aarde dat ons ons hart en lewe op God se wet rig. Ons lees in die teks hierbo dat dit om Moses se wet gaan. Nie om die weg wat Moses self bedink het nie. Nee, dit is die wet wat Moses uit God se mond gehoor het en wat deur hom opgeskryf is. Die belangrikste van daardie wet, die Tein Gebooie, is deur die HERE self op kliptafels geskryf.

Dit is so belangrik dat ons nie dink dat ons dit beter weet as wat die HERE in Sy gebooie vir ons gee. In Josua se tyd was daar baie wette by wat vir Israel se volksbestaan bedoel was. Daardie wette het later verval. Sien Handelinge 15. Nogtans bly God se norme wat daarin spreek van krag.  Juis die Teien Gebooie wat die HERE se4lf opgeskryf het is dit wat God se wil vir alle dinge wys.

In die vertaling wat ek hier gebruik word die woord  ‘sukses’ gebruik.  Daaroor is ek nie so entoesiasties nie. Sukses gee die indruk dat jy dit self kan doen nie. Ek sou liewer met ander vertalings hier vertaal: “met die goeie gevolg kan handel.” Dit is die HERE wat seën gee oor wie in liefde volgens Christus se gebooie leef en die Gees in hom of haar wil laat werk om gehoorsaam aan die Vader in die hemel te wees.  

 

“Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.” Josua 1:8

 

Josua kry as die leier van God se volk die opdrag om die wetboek te oorpeins. Dit beteken dat wat in daardie wetboek staan, steeds oordink word. Dat dit steeds in Josua se kop moet wees. Die wetboek is op daardie oomblik die Bybelboeke Genesis tot en met Deuteronomium. Dit is die wet wat Moses opgeskryf het. Dit  wys God se groot dade as die enigste God. Dit wys God se goeie wil as die Koning van hul lewe.

Josua is nie die leier nie. God is die Leier en Josua met juis God se beeld as die Koning van Sy volk wys. Ons sien hier ook wat ons al eerder lees oor die taak van ouers vir hul kinders. Ons daarvan in Deuteronomium 6: “Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as 'n teken bind op jou hand, en dit moet as 'n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.” Vs 4-9

As ons dit na vandag toe vertaal beteken dit dat ons as mense wat tot sekere take geroep word en ook as mense wat in die gewone lewe staan vir ons geld dat ons steeds weer na die HERE luister. Dat Sy Woord en wil vir ons heilig is. Dat Sy Woord dit is waarmee ons steeds weer in ons kop besig moet wees om juis vir Hom te leef. Dit beteken ook dat die lees en oordink van God se Woord nie ‘n bysaak in ons lewe is nie. Dit is as dit reg in ons lewe is juis hoofsaak!  Dat ons luister na die Woord van ons God en Koning. Luister na Christus wat ons leer: “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.” Johannes 14:21